Johannes VI Kantakouzenos

Johannes VI Kantakouzenos
Keiser van die Bisantynse Ryk
Johannes VI lei ’n sinode.
Johannes VI lei ’n sinode.
Bewind 31 Maart 1347 - 10 Desember 1354
Voorganger Johannes V Palaiologos
Opvolger Johannes V Palaiologos
Gebore 1292
Konstantinopel
Oorlede 15 Junie 1383 (op 90/91)
Peloponnesos
Dinastie Kantakouzenos
Vrou Irene Asanina
Vader Michael Kantakouzenos
Moeder Theodora Palaiologina Angelina

Johannes VI Kantakouzenos (Grieks: Ἰωάννης Ϛʹ Καντακουζηνός, Iōannēs VI′ Kantakouzēnos; Latyn: Johannes Cantacuzenus; omstreeks 1292 - 15 Junie 1383[1]) was ’n Griekse edelman, staatsman en generaal. Hy het onder Andronikos III Palaiologos gedien en was die regent van Johannes V Palaiologos voordat hy van 1347 tot 1354 uit eie reg as keiser van die Bisantynse Ryk regeer het. Hy is deur Johannes V van die troon gesit en het in ’n klooster afgetree onder die naam Joasaph Christodoulos. Hy het die res van sy lewe as ’n monnik en historikus deurgebring. Met sy dood op 90 of 91 was hy die langs lewende Romeinse keiser.

  1. John VI Cantacuzenus in Encyclopædia Britannica

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search